3 Uur Winters Karnival Killarney

As elke wintersdag kan wees soos 6 Junie 2015 mag dit ongetwyfeld heel jaar winter wees in die Kaap want dit was perfekte motorsport weer. Die 157ste dag van die kalender het almal hoopvol gelaat dat die oorblywende 208 dae in 2015 net so goed gaan wees. Miskien het dit iets te doen gehad met die feit dat dit Wêreld Omgewingsdag was Vrydag 5 Junie, of die feit dat dit Swede se nasionale dag was, of die feit dat eenstuk dames swem kostuums op hierdie dag in 1923 gewettig is?
Walter Percy Chrysler het die Chrysler groep op hierdie dag in 1925 gestig met Lee iococca slegs agt maande oud en die 13de James Bond rolprent, Octopussy, is ook op hierdie datum vrygestel heelwat later. GoodYear stel die eerste sintetiese band bekend in 1940 nadat Henry Ford ook op hierdie dag, in 1937, die 32 uur werk week ingestel het. Werk begin aan die Boulder Dam op hierdie dag in 1933.

D Dag op Normandie verander die wêreld vir ewig in 1944 en in die jaar 1900 val Pretoria onder die aanval gelei deur Genl Buller. Maar, in 2015 vind die vierde ronde van die Wingfield Motors Power Series op die Killarney renbaan in Milnerton plaas en word die Kaap 3 Uur herroep as deel van die Africa Endurance Series. In 1973 het die Springbok 3 Uur reeks skipbreuk gelei as gevolg van die brandstof krisis en was die Kaap 3 Uur die finale ren in die reeks .

Formula Libre 2x8 Rondes
Steeds kom die renne tekort aan getalle en impak, maar bemoedigend is die feit dat daar meer eenvormigheid te bespeur was en dat die algmene voorbereiding van die motors van veel hoër standaard geword het. Met die meeste Formule Vee inskrywings is die speelveld gelyk getrek en kon die motors veel meer mededingend jaag.

Julian van der Walt egter steeds die dominante oorwinnaar in sy Formule Ford met Joshua Dolinschek tweede in die netjiese Formule Vee en Rassie Erasmus derde in sy Eloff Transformers Ray Formule Ford.

Bold Marine GTi Challenge  2x8 Rondes
Nian du Toit word eerlik gehou onderweg na algehele oorwinning in die Cheaper Cars VW Jetta en die stryd om die tweede plek word een van die dag se vele hoogtepunte. Jano van der Westhuizen en Kosie Weyers het onder die spreekwoordelike kombers gejaag vir al sestien rondes, partymaal dalk te naby want Kosie word vanuit die eerste uitdun se resultate gediskwalifiseer. Die Kwikfit VW Polo Vivo en Most Wanted VW Golf MkI konstant een verflaag van mekaar geskei.

So dan ook die verskil tussen Bessie Bester en Marco Busi na sestien rondes van puur plesier. Die G&A Motorsport VW Jetta uiteindelik ‘n knipoog voor die Automan VW Jetta met die aerodinamies aangepaste VW Golf van Pieter Kriel vyfde en die klas B VW Golf van Craig du Toit sesde algeheel. Kosie Weyers en Zaki Hendricks word egter vanuit die eerste uitdun gedikwalifiseer en gevolglik eindig hul feitlik nêrens in die algehele resultaat.

Mike Hopkins Powersport, Clubmans, en Klassieke Motorfietse 2x8 Rondes
Danie “van Killarney” Maritz bewys weereens sy meesterskap op die baan deur sy Suzuki Presling 750 ‘n kortkop voor die Team Calberg Hydraulic Kawasaki ER6 van Warren Guantario te hou met Jean-Pierre Freiderich derde op sy Team Calberg Hydraulic Suzuki SV650.

Kewyn Snyman indrukwekkend in die vierde posisie met sy Honda NC35 400, ondanks ‘n paar bytmerke in die saal na ‘n noue ontkoming.

Mutlu Batteries Classic Cars 2x8 Rondes
Trevor Momberg was so opgewonde oor die voorneme van Ford om weer na Le Mans terug te keer in 2016 dat hy die voorbeeld gestel het deur beide uitdunne oortuigend te wen in sy blou (kan dit dan nou anders) Ford Capri 3.4 V6.

Ferdi van Niekerk Snr neem die tweede plek in met die Daytona Coupé V8 nadat hy aanvanklik die knie moes buig teenoor die 1963 Alfa Romeo GTA van sy seun, Ferdi van Niekerk Jnr. Jnr het egter besef die seisoen is nog lank en kan nie noual vir Pa pakgee nie. Die herstel van die koppakstuk op die Alfa kan as langtermyn belegging beskou word?

Claude Williams sit ‘n traan in Kosie Swanepoel se oog deur die klassieke Opel Kadett derde tuis te bring met Dave Alhadeff vierde in sy geel Alfa Romeo GTA. Herman de Kock vyfde in sy netjiese Ford Escort en Jonathan Bernstein in die Lucky Strike Ford Capri sesde.

Griep het Richard Quixley op die kantlyn gehou en die 240Z in die kuipe terwyl ‘n lastige kets die Mazda R100 van Dave Köpke laat terugkeer het na Riebeek Kasteel. Chris Carolin se haastige Capella was ook nie teenwoordig terwyl die pragtige Lifttech Ford Mustang beperk was tot die 3 uur wedren.

Die Datsun 240Z van Jan-Willem de la Porte was egter sag op die oog en die twee Jagermeister VW Scirocco inskrywings van Sandro Biccari en Trevor Hutchings het ook groot indruk gemaak.

Hoewel die twee kategorië as twee onafhanklike renne aangebied is het dit nie vreeslik saak gemaak op die baan , want al die motors het aandag getrek ongeag van posisie en geskiedenis. Met ‘n matige verbeelding en bietjie ouderdom was dit maklik om die goue verlede van motorsport te herleef.

Cars Unlimited Fine Cars 2x8 Rondes
Eric van der Merwe wen beide uitdunne met sy Lynx Motorsport Porsche 944 Turbo gevolg deur die Ford Sapphire van Steve Hallett en die Renault Repair Centre 1976 VW Jetta van Jaco Lambert. Steve Hallett soos gewoonlik uiters indrukwekkend agter die stuur van die netjiese Sapphire, die feit dat hy met die gebruik van slegs een arm jaag soveel meer merkwaardig.

Dit het behoorlik die indruk geskep dat daar iewers ‘n  uitverkoping was van Porsche 944 motors en soveel meer ironies dat een van die ware karakters van die reeks juis agter die stuur van sy eie 944 sou beswyk. Bert Upton sal altyd bly voortleef in die kleurvolle skeppings waarmee hy vir elke renjaer ‘n unieke identiteit help skep het in die verf van hul valhelms.

Mike Hopkins Superfietse 2x8 Rondes
Meer as net indrukwekkend is die talente van die Superfiets brigade in die Westelike Provinsie. Ronald Slamet laat dit bykans maklik lyk om beide renne algheel te wen op sy Novel Ford Kawasaki ZX10R met die soortgelyke Kawa van Gerrit Visser tweede en die MXClean Kawa van Brandon Haupt derde. Klink eenvoudig op papier, maar om hierdie motorfietse van naderby dop te hou is behoorlik ‘n belewenis en dan word dit maklik om te verstaan waarom Ronald “Red Baron” Slamet en David “McFlash” McFadden nadese naam bou op die internasionale front.

Hayden Jonas was skouspelagtig onderweg na vierde plek, die eerste 600cc verby die geruite vlag,  terwyl Trevor Westman ongelukkig was om tot vyfde plek terug te sak na een enkele fout op die Mad Mac’s Kawasaki ZX10R. Die top ses afgerond deur André Calvert op sy Kawsaki ZX6R.

250cc Superkarts 1x8 en 1x7 Rondes
Bevan Conray Williams, Kempston Motor Group Anderson, wen die indrukwekkende renstel wedrenne na ‘n goeie stryd met Dayne Angel, Autohaus Angel PVP, en Sean Moore, Ziegler SA PVP. Ongelukkig het die Killarney oppervlak die renstelle verhoed om naby die 1min10 rekord van Marcel Angel te kom, maar dit was nietemin ‘n voorreg om hierdie ongelooflike renmotors in aksie te sien na ‘n baie lang afwesigheid.

Die tweede uitdun uiteindelik tot sewe rondes beperk nadat George Schutte die spermuur probeer skuif het in sy 125 renstel. Wel, die muur het ongedeerd bly staan.
 

Kaap 3 Uur
Francis Carruthers en Nick Adcock slaag sonder veel teenstand daarin om die Kaap 3 Uur te wen in hul Harp Motorsport Juno SS3 V6 3.0, of te wel dit was die boodskap wat hul aan die opposisie oorgedra het. Op Killarney is hul in beheer en dit was hul tweede agtereenvolgende sukses op tuisfront.

Ewan Baldry, voormalige Williams F1 Ingenieuer, het Juno Cars in 1999 begin en was hy was hoogs beindruk toe hul die Desember twee uur gewen het. Matige twyfel het bestaan of die groter 3.0 V6 Nissan enjin sou werk oor lang afstande, maar die langverwagte Kyalami 9 Uur in November kan maar begin nader staan teen hierdie tempo. 

Nicky Dicks en Fred de Kok het vier rondes minder as die Juno behaal maar nietemin tweede algeheel geeindig in hul swart Hendok Group Porsche GT3 Cup 3.6. Hoewel hul sekerlik deeglik bewus was van die situasie het Harry en Charl Arangies gesorg vir heelwat opwinding deur slegs 15 sekondes later in die derde posisie te eindig met hul Stradale Motorsport Ferrari 360 Challenge 3.6. Die klank van hierdie Ferrari rondom Killarney was verslawend en dit was bykans teleurstellend toe die geruite vlag vertoon is.

Die Black Chrome TIRACE Shelby Can Am 3.5 van Mark Lauth en Mike Verrier behaal die vierde algehele posisie danksy bestendigheid met die pragtige Bigfoot Express Porsche 991 Cup 3.8 van Sun Moodley, Andrew Culbert en Preyen Moodley vyfde. Kan egter nie anders as om meer van beide motors te verwag het nie.

Met baie min tyd op die baan tydens voorbereiding maak die sesde plek behaal deur die Alfa Romeo Suid Afrika GT3.2 werklik verrassend, maar dit was goed om weer die lui klank van ‘n Alfa sessilinder in amptelike formaat aan te hoor. Theo van Vuuren, Bradley Scorer en die baie ervare Martin Botha aan die roer van sake vir Alfa Romeo. As die eerste sedanmotor tuis te wees en as die Indeks van Verrigtings wenners kon dinge seker nie veel beter geeindig het vir die ADF Motorsport span nie.
 

Agtste was merkwaardig vir die Lotus 23 replika ELF 506 van Eric Salomon en Dave Sinclair. So plat dat die motor met tye onsigbaar was en sekerlik een van die oudste motors op die baan, maar deurgaans bestendig en betroubaar tot die verbasing van die opposisie. Negende plek word ingeneem deur die Dream Ahead Advisory Services Porsche GT3 Cup 3.6 van Graham en Tania du Toit. Kompleet met Superman kenteken was hul doelwit duidelik om die geruite vlag ongeskonde te bereik.
 

Deon Crous, Ronald van Rensburg en Robbie Benica jaag baie bestendig tot negende algeheel in hul Hendok Group VW Golf MkI 2.0 en word gevolg deur die Lotus 7 van Hennie Trollip en Dave Sinclair. Die tweede Hendok Group VW Golf MkI 2.0 van Terence Ehlers en Dave Russel elfde algeheel met Bruce Avern Taplin en Mike Schmidt twaalfde in die effe gehawende Franki’s Olde Soft Drinks Co Toyota Corolla.

Die Garagista Beer Company Porsche 911 2.8 van Dillon – Matthew en Stephen Miller moes met dertiende algeheel tevrede wees met die Lotus 7 van Rod Schafer en Rob Hewitt die finale span geklassifiseer in die resultaat.

Die baie indrukwekkende 680kg Spitfire Furnitures Radical SR8 2.7 LRPX V8 van Josh Broome en André Bezuidenhout het duidelik kennis gegee dat dit beslis sake vir die Juno brigade gaan omkrap want met sowat 430 perdekrag tot hul beskikking is dit nie verrassend om te weet dat Michael Vergers die produksie motor rekord van 6min55 op die Nurburgring opgestel het nie.

Die Motul Team Classic Motorsport Porsche 910 3.0 van Nicolas van Weeley en Rohann Tehron het ook belowend vertoon, maar het op ‘n stadium in Engen van die baan gejaag en moes uiteindelik die aftog blaas na 90 rondes.

Die tweede, laer spesifikasie, Bailey LM P2 5.0 V8 Strocam Engineering inskrywing van Trevor Frost en Franco di Matteo het nooit werklik na enige bedreiging gelyk nie en dit was duidelik dat hierdie motor nog heelwat ontwikkelling gaan benodig alvorens dit werklik aan spraak sal kan maak op algehele oorwinning. Dat dit wel aandag trek is ‘n feit en dit sal ongetwyfeld uiteindelik die sukses wat dit verdien behaal.

71 Jaar gelede het 150 000 man deel gevorm van D Dag in Normandië en hul opoffering het dit tegnies moontlik gemaak dat daar vandag op die renbane van die wêreld om sukses meegeding kan word. Vir twee renjaers het die dag ook verder betekenis ingehou want dit was hul geboortedag. Ongelukkig vir Dawie Joubert het Colin Plit met rokende enjin op die baan tot stilstand gekom in die Tricera Investments Juno SS3 Mountune Duratec 2.0 na slegs 54 rondes en Mark Uytenbograadt se dag was ook iets van die verlede na 58 rondes in die pragtige, en baie indrukwekkende, Lifttech Services Ford Mustang Notchback 5.8 V8 wat hy gedeel het met broer Glen Uytenbogaardt. Die Notchback Mustang egter verrassend mededingend en daardie kleurskema perfek in die laat namiddag.

Ironies genoeg ry Craig Harper fisies sy renmotor na al die ander renne in SA sonder voorval, maar op sy tuisbaan word die Harper Cars Harper Tipe 5 2.0 na 51 rondes genoodsaak om te onttrek. Die Van Niekerk Racing BMW 328i van Ernest Roos, Gary Fourie en Danie van Niekerk onttrek ook in stoom na 58 rondes terwyl die Pasquali/Gavie VW Golf Mki 1.8 slegs 33 rondes kon voltooi.
Groot was die teleurstelling ook vir Greg Mills en Andrea Bate toe die Team Africa Le Mans Pilbeam MP-98 2.3 na slegs 20 rondes moes onttrek. Hul 2016 Le Mans Pilbeam MP-100 egter nêrens te siene nie?

Craig Jarvis en Marcel Angel kon die wedren nie eens begin nadat Jarvis beseer is tydens ‘n ongeluk tydens die Porsche Carrera Cup op die Paul Ricard renbaan in Frankryk die vorige Saterdag. Nogal ‘n groot teleurstelling om nie die Panacea/ Autohaus Angel Dodge Viper ACR 8.4 teenwoordig te sien nie.
 

Ook ‘n spoedige herstel aan Franco Scribante nadat hy Vrydag ‘n groot ongeluk beleef het op die Zwartkops renbaan in sy pragtige Ford Mustang V8. Die Harp Motorsport Juno SS3 Honda K20 2.0 van Steve Humble en Johan Engelbrecht ook nie teenwoordig nadat die enjin Vrydag skade gelei het tydens voorbereiding.

VW Beetle word 80
Jochen Roth is een van die Windhoek se goue oues en wanneer jy deur sy persoonlike VW “museum” beweeg word jy behoorlik weggevoer deur die man se passie vir alles VW Kewer. Saterdag is die tagtigste bestaansjaar van die VW Kewer gevier deur die teenwoordigheid van ‘n wye versameling van die klassieke “Herbie” in elke moontlike vorm.

Die Sofaking Awesome 1976 VW Beetle 1.6 van UD Coetzee het veral die oog gevang terwyl die teenwoordigheid van die Flat 4 Racing VW Beetle van Dave Rowley (nie Bloodhound se Dave Rowley) in die Cars Unlimited Fine Cars wedrenne uiters gepas was – en was die swart Beetle nie haastig nie!

Tog wonder mens oor die rol wat Josef Ganz in die ontstaan daarvan gespeel het? Dat dit die wêreld storm geloop het is egter ‘n onbetwiste feit!