Bravo Paul en Quinton!

Gesetel sowat 170km vanaf Kaapstad is die administratiewe sentrum van die Witzenberg Munisipaliteit en kern vir die omliggende dorpe Wolseley, Tulbagh, Op-die-Berg en Prince Alfred Hamlet.

Vernoem na die Romeinse godin van argitektuur heel gepas vir Ceres wat aan die noord-oostelike ingang van die bekende Michell’s bergpas in die bodem van die Warm Bokkeveld waar die Mediteriaanse klimaat die area vestig as gesogte bladwisselende vrugte produsent.

En ja, almal praat van Mitchells pas, maar dit is inderdaad Michell’s pas (480m oftewel 1608 voet hoog en voltooi in 1848), vernoem na Charles Collier Michell en gebou deur Andrew Geddes Bain. Die welkende treinspoor het gevolg in 1910-12 en die die pas is 1938 herbou. Of jy nadese die stoomtrein kom ry, of vir twee ure deur die Skurweberg wil gly oor 1.4km van Zipline toere, vars kersies wil pluk by Klondyke of Theronsberg wil troef met ‘n 4x4 is dit steeds net ‘n voorreg om die omgewing te besoek.

Dit is ook die oorsprong van die Witzenberg Motorklub wat reeds vir 33 jaar tydrene na die omgewing bring. Met die ondersteuning van Ceres Toyota het die tweede ronde van die 2016 Westelike Provinsie Tydrenkampionskap 23 spanne as inskrywing uitgelok, die sterkste inskrywing vir ‘n baie lang tyd in die streekkampioenskap.

Ongelukkig het die openingsronde van die Namibiese Tydrenkampioenskap, die 1000 Duine Tydren in Swakomund, gemaai onder die deelnemers en van die verwagte Namibiese teenwoordigheid het daar ongelukkig vanjaar niks gekom nie. Na 47 jaar het Total Namibië hul steun aan die legendariese Tara Tydren onttrek, maar soos die legende sê, die Kat kom Weer!

Ironies genoeg is dit Namibiër Thilo Himmel and Suid Afrikaner Nico Schwartz wat 19-22 Mei 2016 hul buiging sal maak in die Junior Wêreld Tydrenkampioenskap met ondersteuning van Zeck, Powerline Africa en Total wanneer hul aanmeld vir die Vodafone Rallye de Portugal in hul Hans Weijs Motorsport Citroën DS3. Thilo die eerste Namibiër wat op hierdie vlak aan tydrenne sal deelneem.

In Ceres was dit koel, maar die sneeu het genadiglik nog nie opgedaag nie en vir die tydrenners het daar 90.45km van uitdagende sneltrajekte voorgelê en die 6.14km Northridge trajek digby die Lakensvleidam eis reeds drie spanne. Die pas herboude ex-Hannes Grobler CCMCC S5 Nissan 4x4 Sentra van Winston Neethling en Lyle Marais het groot belofte ingehou, maar groet saam met die CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1600 van Keenan Sassman en Clint Lingeveldt en die Amlay Motorsport

CCMCC S4 Toyota Run X Rsi 1.8 van Shaheen Amlay en Matthew-Jason Köhler.

John en Weston Peiser spog met die suksesvolste rekord in die Ceres Tydren, maar hul aanslag is reeds Vrydag beeindig toe die splinternuwe stuurstang van die Speed Pro Cycling Equipment CPMCC S5 Subaru Imppreza GT 4x4 Turbo onklaar geraak het. Die laat inskrywing van Llewellyn Jones en Christophe Pichon se CPMCC VW Polo het ook nie verder gekom as die telefoon oproep waarmee dit gemaak is en rem probleme. 

Shaun Jones en Craig Gray was in vasberade luim en wen die openings trajek met tien sekondes in hul ex-Klaassen CPMCC S5 Subaru Impreza 4x4 Turbo met die acciDent Guru WBMK S3 VW Golf MkI 2.0 8v van Paul van Wyk en Quiton Swarts ‘n enkele sekonde vinniger as die CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1600 van Kesevan Naidoo (beter bekend as navigator vir die Namibiër Wilro Dippenaar in die S2000 Ford Fiesta 4x4 op in die SA Tydrenkampioenskap) en Divan de Goede (beter bekend as bestuurder van die ex-Wessel Venter S3 Toyota Corolla RXi 1600).

Quians is nog ‘n welbekende sneltrajek en die 18.6km roete is gevul met heelwat “yumps” en blinde hoogtes wat spanne deeglik beproef. Vir Shaun Jones en Craig Gray volg groot teleurstelling toe ‘n harde landing die battery in die Subaru losruk en hoewel hul die probleem redelik vinnig ontdek en herstel het besef die span eers nadat hul weer veilig vas gegordel het dat die brandstofpomp koppelling ook in die proses uitgeruk het en vyf minute later kon hul weer verder jaag.

Kesevan Naidoo en Divan de Goede arriveer te vinnig by ‘n L9 sowat sewe kilometer binne die trajek en verloor sowat sewe minute om die Toyota weer uit die draad heining te vleg. Kes vra verskoning aan sy navigator vir wat hy as sy fout beskou het net om by die volgende draai te ontdek dat die rem pedaal ‘n ornament geword het wat bloot sy gesigs uitdrukking beheer. Darren van Greunen en Randall Marais staan sowat vyftien minute af met ‘n elektriese probleem op hul acciDent Guru WBMK S1 VW Golf MkI Chico 1.4i maar beur voort.

Effe teen die verwagtinge wen Paul van Wyk en Quinton Swarts die trajek gemaklik, sewentien sekonds vinniger as acciDent Guru spanbaas, Piet Bakkes en Henry Köhne, in die tweede WBMK S3 VW Golf MkI 2.0 8v. Nog ‘n groter verrassing was Ebrahim Mia en Ameen Snell in die derde plek met hul CCMCC S3 VW Golf MkIII 2.0 met Charl Strydom en Sakkie Bosman een sekondes later in die Sabre Paints CPMCC S4 VW Golf 2.0 20v.

Probleme met ‘n remknyper noop André Cleenwerck en Justin Gay om hul pas herboude CPMCC S3 VW Polo 1.6 in sneldeel drie, die 13.89km Laastedrift, aan die tydren te onttrek terwyl Shaun Jones en Kesevan Naidoo weereens eerste en tweede vinnigste was met Piet Bakkes derde Charl Strydom vierde. Paul van Wyk gemaklik in die vyfde posisie.

Laastedrift word weer aangedurf as sneltrajek vier en Shaun verbeter met elf sekondes onderweg na nog ‘n vinngste tyd in die Subaru met Kese en Piet gesamentlik tweede vinnigste en Paul derde, terwyl Ebrahim Mia steeds goed vertoon het agter die meer ervare spanne. 

Darren van Greunen en Randall Marais onttrek hul acciDent Guru WBMK S1 VW Golf MkI 1.4i met elektriese kopsere terwyl Charl Strydom en Sakkie Bosman ook verdwyn met beide derde en sesde rat afwesig na sneltrajek drie. Trevor Hodges en Ian Thebus sluit weer aan nadat hul in sneltrajek twee ‘n kruiskoppelling op hul CCMCC S3 VW Golf MkIII gebreek het. Herman Mathee en Ruan Reynders moes sneltrajek drie misloop met elektriese probleme op die Madev WBMK S4 Datsun GX Sedan.

Bloubank slaan Piet Bakkes en Henry Köhne blouoog toe hul die acciDent Guru WBMK S3 VW Golf MkI 2.0 8v omdop in hul poging om die 20 sekonde gaping na hul spanmaats te laat krimp. Twee in ‘n ry vir Henry nadat hy ook op die Sasol Tydren gerol het as navigator vir Richard Leeke in die S1600 Ford Fiesta R2 1600. Piet het lankal ophou tel hoeveel keer hy al deur n VW se voorruit uitgestap het, maar wees verseker – hul sal terug wees!     

Kesevan Naidoo en Divan de Goede stel die vinnigste tyd op in die Corolla met Herman Mathee en Ruan Reynders die verrassing in die tweede plek, slegs twee sekondes stadiger as die Corolla in hul Datsun en die Scoobie van Jones en Gray derde vinnigste. Shaun nie gelukkig met die spoed van die Subaru in ‘n reguit lyn en dit wys in die baie vinnge trajek se resultaat.

Amper-Bo, die 6.1km sneltrajek ses gee Kesevan en Divan hul tweede vinnigste tyd vir die dag in die Corolla met Shaun en Craig tweede vinngste in die Scoobie. Herman en Ruan verras weerens met derde vinngste in die Datsun. Sneltrajek twee, Quians 18.6km, word as sneltrajek sewe herhaal en die Scoobie wen die uitdagende trajek met 30 sekondes. Kesevan Naidoo en Divan de Goede tweede vinnigste, nadat beide spanne se eerste poging bykans met onttrekking gepaard gegaan het. Paul van Wyk en Quinton Swarts steeds die toonbeeld van bestendigheid met derde vinnigste in die Golf.

Shaun maak dit vyf sneldeel oorwinnings in die Scoobie deur die finale trajek, Northridge 2, gemaklik te wen met Herman Mathee en Ruan reynders tweede vinngste in die pragtige Datsun en die verheugde kombinasie van Paul van Wyk en Quinton Swarts derde. Hul wen die tydren algeheel met ‘n oortuigende 2min26 gaping en word die trots van die Witzenberg Motorklub in hul acciDent Guru WBMK S3 VW Golf MkI 2.0 8v.

Bykans ongesiens verras Ebrahim Mia en Ameen Snell deur bestendig te jaag na hul beste resultaat ooit. Tweede algeheel en in klas beslis iets om op baie trots te wees in hul RAmlay Builders CCMCC S3 VW Golf MkIII 2.0. Shaun Jones en Craig Gray uiteindelik derde algeheel, slegs drie sekondes agter die Golf, met hul CPMCC S5 Subaru Impreza 4x4 Turbo. Met vyf sneltrajek oorwinnings agter hul naam was dit beslis die vinnigste span teenwoordig en gaan hul beslis moeilik gestuit word in die toekoms.

Ian “Tarmac Terrorist” Long en Brian “CoC Killarney” Hoskins het buiten vir die feit dat hul ‘n hekpaal probeer om ry het in sneltrajek een geen probleme ondervind onderweg na ‘n klaswen en vierde plek algeheel in die WPMK S2 VW Golf MkI. Ishmaeel Davids en Yusuf Ganief het danksy ‘n meer bestendige benadering goeie ervaring opgebou onderweg na vyfde plek algeheel in hul CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1600 terwyl Anthony Connelly en Shawn Nefdt ook tevrede was met sesde plek en ‘n klaswen in hul CCMCC S4 VW Polo 2.0.

Kesevan Naidoo en Divan de Goede beslis nie tevrede met sewende algeheel in hul CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1600, maar ten minste kon hul bewys dat hul die pas enduit kan volhou en betroubaarheid aan die verbeter is. Tariq Khatib en Razley Ryklief ook tevrede met agtste posisie algeheel in hul CCMCC S2 VW Golf MkI 1.6 terwyl Faizel Davids en Ridwaan Nordien ook goeie ervaring verwerf het onderweg na negende plek in hul CCMCC S3 Toyota Corolla RXi 1600. Julian Calvert en Terry Croy die finale span tuis in tiende plek met die CCMCC S3 VW Golf MkII ongeskonde.

Herman Mathee en Ruan Reynders het verrassende spoed ten toon gestel in die pragtige Madev WBMK S4 Datsun SX Sedan en ‘n goeie resultaat begin beslis na ‘n nabye moontlikheid lyk terwyl Trevor Hodges en Ian Thebus ook graag betroubaarheid wil kombineer met spoed in die CCMCC S3 VW Golf MkIII. Paul Emmanuel en Robin Benjamin weereens ongelukkig in hul CCMCC S4 VW Polo terwyl Riaan Amlay en Rafick Mia ook nie die eindpunt kon haal in hul CCMCC S3 VW Polo 2.0.

Die CPMCC Swartland streekstydren op Saterdag 4 Junie 2016 hou beslis groot belofte in. Moet dit nie misloop nie!