Jacques troef Fanie - Rafique wen!

Die finale byeenkoms van die 2016 Witzenberg Motorklub Gimkana Kampioenskap het seisoen tot spannende einde gebring met die twee top bestuurders uiteindelik presiese gelyk op punte na agt byeenkomste.

Die 2de Boland Trade Centre Moorreesburg Gimkana was veronderstel om te kon spog met ‘n nuwe, wyer, geteerde oppervlakte nadat die eerste ronde by die perseel eerder ‘n mini tydren as gimkana verteenwoordig het. Ongelukkig, vanweë ‘n verskeidenheid verdedigbare redes, het die verbeterings gespog in hul afwesigheid. Die gevolg was dat hoewel almal buite hul gemaksone moes meeding dat die warmer en droeër tydperk van die jaar selfs meer stof tot gevolg gehad het.

Dat daar groot druk op die voorste spanne was het duidelik geblyk uit die feit dat die eerste ronde reeds verbasende resultate opgelewer het en die gunstelinge was beslis nie gemaklik nie. Die klem het skielik verskuif na wie die vinnigste by die vreemde omstandighede gaan aanpas eerder oor wie die vinnigste tye gaan probeer opstel.

Verrassend was die wyse waarop Dewald van der Merwe en Izak van Zyl Jnr hul welbekende Dynotech klas G VW Golf MkII GTi 2.0 16v Turbo deur die baie beperkende en tegnies moeilike roete kon vleg om hul aan die voorpunt van die 50 sterk inskrywing te vestig. Inteendeel die groot verrassing was dat Izak nie by Skoonpa kon kers vashou in sy eie motor!

Die groot strydosse in die titel geveg was Rafique Firfirey en Fanie du Toit en beide was nêrens te siene in die resultate. Nie die fenominale tweestryd wat mens sou verwag by ‘n perseel soos Club Mykonos Langebaan, maar nietemin ‘n toets van beide se karakter om nou vinnig aan te pas by wat beslis nie vir hul motors as ideaal beskou sou word nie.

Anton Smit en Tania Vermaak het hulself aangemeld as sterkste teenstand met die ratse Toyota aangedrewe klas F Trysome Datsun LDV 1600 en het inteendeel daarin geslaag om die vinngste gekombineerde tye op te stel, maar ongelukkig het hul ook kontak gemaak met ‘n kegel tydens die deurslaggewende finale lopie. Die silwer AHI Racing klas G Mini Cooper S 1.6 Turbo het wel getoon dat dit die byeenkoms kon wen, maar in die hande van Leon Engelbrecht en Carel Bosch. Danye Louw en Jacques du Plessis het op tuisfront baie goed presteer in die Boland Trade Centre klas D VW Golf Citi 1.4i en was indrukwekkend onderweg na vierde posisie algeheel.

Natheer en Rafique Firfirey vyfde in die ligblou AHI Racing klas G Mini Cooper S 1.6 met die Du Plessis Auto klas B Toyota Tazz 1.8 16v van Pierre du Plessis en Wynand du Plessis werklik skouspelagtig in die sesde plek algeheel. Francois Mostert en Marius Ellis moes die aftog blaas met ‘n gebreekte enjin hegstuk op die klas A Opel Astra 200SE, maar hul was sekerlik een van die seisoen se groot fondse en die Opel spanmaats sal beslis mik na beter as hierdie sewende plek in die nuwe jaar.

Die altyd verkoue Televideo klas G VW Golf MkI 2.0 16v Turbo van Walter van Dyk en Pierre du Plessis was tot op die vooraand van die byeenkoms steeks en die kombinasie was verlig om met agtste plek terug te keer na Ceres. Selfs die altyd bitter bestendige Morné Roux en Liezel Oosthuizen het die toestande moeilik gevind en die klas A Mazda 323 EGi 2.0 16v is redelik hardhandig hanteer onderweg na negende plek algeheel. Die top tien afgerond, of sou dit beter wees om te sê afgestof, deur Rafique en Hishaam Firfirey, in hul AHI Racing Mini Cooper S 1.6 Turbo. Moedeloos na ‘n dag van absoluut alles probeer was dit nou ‘n kwessie van waar hul vernaamste opponent sou eindig.

Hoewel daar geen bevestiging is van die gerug dat die Du Plessis broers ‘n nuwe WRC Yaris voor hul werkswinkel kan verwag nie het Jacques du Plessis en Danye Louw onwetend die verloop van die 2016 Witzenberg Motorklub Gimkana Kampioenskap bepaal deur elfde algeheel te eindig in hul Du Plessis Auto klas B Toyota Tazz 1.8 16v.

Sou Fanie en Zak du Toit elfde eindig sou die twee punte voorsprong waarmee hul Moorreesburg tot een punt gekrimp het, maar twaalfde plek het beteken dat die FM Civils klas A Mazda Rustler LDV 2.0 16v op dieselfde punte as die AHI kombinasie geeindig het en die 2016 titel word beslis deur die wenner van die eerste byeenkoms van die seisoen.

Dit was eintlik bitter dat een moes verloor in so ‘n ongelooflike tweestryd maar die 2016 Witzenberg Motorklub Bestuurder en Navigators Kampioenskap het uiteindelik behoort aan Rafique en Hishaam Firfirey.

Johann Zulch en Cobus Viola dertiende algeheel, maar nie in die No 13 BMW nie, maar wel die No 26 klas F Ford Escort 1600 Sport. Dalk die enigste motor wat werklik tuis gevoel het op die half teer en half grond roete, maar goeie voorbereiding vir die motor se buiging in die 2017 WP Tydrenkampioenskap.  Masood Dangor en Aatera Firfirey veertiende algeheel in die kabriolet AHI Racing klas G Mini Cooper S 1.6, maar beslis nie met die kap afgeslaan op hierdie geleentheid nie.

Izak van Zyl Jnr en Dewald van der Merwe selfs meer verrassend in die vyftiende en sestiende posisies algeheel met onderskeidelik die Dynotech klas G VW Golf MkII GTi 2.0 16v Turbo en die asemrowende Dynotech klas G Toyota Corolla 4.0 V8. Met Izak wat nou grotendeels konsentreer op die “drifting” kategorie was dit des te meer indrukwekkend om te sien hoe naby hy aan die Golf se tye kon kom met die Toyota, wat feitlik nooit in ‘n reguit lyn beweeg nie!

Klas C wenners, Masood Dangor en Aatera Firfirey, sewentiende algeheel in hul AHI Racing Mini Cooper 1.6 met JD Van der Merwe en Danye Louw beindruk met hul agttiende plek algeheel in die BTC klas B Opel Corsa 1.8. Kobus Wilson Jnr en Werner McDonald het die lewe ondraaglik gevind in hul normaalweg baie effektiewe klas F Datsun GX Sedan 1.4i, die roete net eenvoudig te tegnies om die wakker Datsun tot sy volle reg te laat kom.

André Smit en Natasha de Jager het hul debuut as span in die klas C VW Golf MkI 1.6 afgesluit met ‘n bevredigende twintigste posisie algeheel met Hilton Africa en Hennie Hoffmeyer 21ste in hul Willie Morries Service Centre / Autozone Strand klas C VW Fox 1.6. Dat die BMW 325iM regtig hierdie keer te groot, te lank en te swaar was het gewys in die feit dat Johann Zulch en Cobus Viola uiteindelik met 22ste algeheel tevrede moes wees in die klas E inskrywing.

Liezel Oosthuizen en Tania Vermaak het die standaard Toyota Yaris 1.3 voordelig benut om klas I te wen met 23ste plek algeheel terwyl Abdul en Saeed Sayed gesukkel het om hul baanren spesifikasie klas D Toyota Tazz 1.3 deur die kronkelende roete te vleg onderweg na 24ste plek. Aatera Firfirey en Masood Dangor verwissel sitplekke en plaas die AHI Racing klas C Mini Cooper 1.6 25ste met Liezel Oosthuizen en Aatera Firfirey breukdele stadiger in die klas D Toyota Yaris 1.3.

Dat Aatera Firfirey ongemaklik was in die vreemde toestande het gewys in die feit dat sy 27ste geeindig het in die AHI Racing klas G mini Cooper S 1.6 kabriolet en met Carel Bosch as navigator en 28ste met Liezel Oosthuizen as navigator, in dieselfde motor, maar as klas I inskrywing.

Marius Ellis en Francois Mostert was nie geklassifiseer in hul klas A Opel Kadett GSi 200i nadat die pragtige motor tydens hul tweede lopie reeds ‘n kruiskoppeling gebreek het en hul noodgedwonge moes onttrek. Jean-Pierre Cloete en Hilton Africa moes ook hul klas F BMW 318 onttrek met foutiewe petrol toevoer.

Dat Skoonpa se kop reg was vir hierdie dag wys ook in die feit dat Dewald van der Merwe die enkelsitplek klas H oortuigend kon wen in die Dynotech VW Golf MkII GTi 2.0 16v Turbo. Kobus Wilson Jnr kon eenvoudig nie enige ritme kry in die pragtige Datsun GX Sedan 1.4i en moes met tweede posisie tevrede wees. Izak van Zyl Jnr het oudergewoonte meer punte verdien by die toeskouers as die beamptes en die altyd dwars Dynotech Toyota Corolla V8 4.0 was derde met Danye Louw vierde in die Boland Trade Centre VW Golf MkI 1.4i.

Dewald van der Merwe ook die vinnigste bestuurder vir die dag in die Dynotech Golf terwyl die mees skouspelagtige toekenning weereens ingepalm is deur Izak van Zyl Jnr in die Dynotech Toyota. Danksy Boland Trade Centre was daar weereens geleentheid om enkele media en oud bekendes verrigtinge te laat deel en dit was goed om die 2016 Suid Afrikaanse Gilde vir Motor Joernaliste se Motor Joernalis van die Jaar, Ferdi de Vos, agter die stuur van die BTC Ford Fiesta 1.3 te sien met Carmen Nortjé as navigator terwyl voormalige dubbelle Koning van Mykonos, Anton van Bosch, die BTC Opel Corsa 1.3 op die proef gestel het met Tania Vermaak as navigator. Niks op die spel, buiten om die dag te geniet. Basta, as die ligte uit gaan tree die rooi mis in, maar dit was in goeie gees!  

Vir die eerste keer in 119 Witzenberg Motorklub Gimkana byeenkomste moes Mama Beer, Anette Vermaak, die verrigtinge misloop en dit was Meghan Nortjé wat die leisels oorgeneem het as Sekretaresse van die Byeenkoms. Oudergewoonte was dit Dewald en Meghan Nortjé wat die wegspring en eindpunt beheer het. André Brinkman en Hennie Hoffmeyer het die deelnemers met vergrootglase dopgehou op die roete terwyl Marius Bester die kommentator was. Oudergewoonte is die tydhouding beheer deur André en Melissa Mitchell.

Met die Witzenberg Motorklub se jaarlikse prysuitdeling direk na afloop van die 2de Boland Trade Centre Gimkana prysuitdeling was die dag lank, maar grrot dank aand Marcile en Danye Louw vir hul moeite om die byeenkoms moontlik te maak tesame met die magdom kleiner borge wat betrokke was.

Mag 2017 selfs beter wees!