J&P Hydraulic Walvisbaai Tydren

Date: 
Saturday, March 16, 2013
Location: 
Walvisbaai

Die J&P Hydraulic Walvisbaai Tydren is die eerste been van die 2013 Namibiese Tydren Kampioenskap.

Die Walvisbaai Motorklub is verantwoordelik vir die organisasie, maar niks sou moontlik gewees het sonder die ondersteuning van Allan Martin (J&P Hydraulic Walvisbaai). Die voormalige Kapenaar se passie vir motorsport is alombekend en nie alleen ding hy self mee in die ex-van Dyk S2000 VW Polo 4x4 in tydrenne, hy is ook bekend vir sy spoed op die plaaslike sout ovaalbane en kan selfs op die Tony Rust renbaan opgespoor word in sy Turbo Golf. Na 'n onderbreking van sewe jaar sal daar weer 'n volwaardige tydren in Walvisbaai plaasvind.

Die tydren bestaan uit 10 sneltrajekte waarvan 4 'n herhaling sal wees. Vir die eerste keer in baie jare sal daar ook 'n doelgerigte toeskouer sneltrajek ingesluit word rondom die Walvisbaai Munisipale Kantore. Met sowat 90% van die trajek sigbaar word goeie ondersteuning vanuit die plaaslike gemeenskap verwag.

Die paaie is van die vinnigste in Afrika met sneltrajek 5 wat as die Namibiese Ouninpoja beskou word danksy vele "yumps" en baie hoë snelheid. Dissipline en selfbeheersing sal hier die orde van die dag wees. Selfs die bekende oefen gronde van die Toyota Dakar span is ingesluit vir die opwindende tydren.

Beslis nie 'n tydren om te onderskat nie!

Bekende plekke soos Duin 7 en Rooikop is om en naby van die trajekte.

Vir Namibië word 'n aangename 30ºC Saterdag in die vooruitsig gestel en met nie een enkele boom insig van horison tot horison gaan dit verseker warm wees - amper so warm soos die aksie op die sneltrajekte!

Teen alle verwagtinge is verbasend min sand teenwoordig en is daar feitlik geen rowwwe gedeeltes - verwag dus lekker vinnige paaie. Openbare paaie ook in goeie toestand.

Daar beloof om enkele verrassings by die wegspring teenwoordig te wees:

Die belowende jong tydrenner, Zander Wiese, het sy droom verwesenlik en het sy welbekende Toyota Conquest verruil vir 'n ernstige klas A7 (S3) VW Polo. Gegewe sy spoed in 2012 is hy beslis iemand om dop te hou. Allan Martin het nou 'n volle seisoen agter die rug en sal graag nou die krane wil begin oopdraai in sy J&P Hydraulic S2000 VW Polo. Ongelukkig wag Dick Cornelisson nog vir onderdele uit Engeland en gevolglik sal sy skouspelagtige Subaru eers vir die volgende tydren gereed wees.

Met die Total Tydren Natal pas voltooi sal Wilro Dippenaar sy Namibiese titel vanuit die staanspoor verdedig. Miskien is hy met hierdie strawwe tydren agter die rug dalk net daardie bietjie skerper voorberei as sy opponente. Die ope vraag is egter - waarmee gaan hy hier deelneem?

Handre Myburgh het besluit om een van die haastige Himmel  Corolla's aan te skaf en behoort self goed te vertoon. Sal Roland Himmel dalk broer Thilseo se goeie klaswen op die Total Tydren naboots?

Opwinding is hoog en verwagtinge groot op die vooraand van die 2013 Namibiese Tydrenkampioenskap.

Sien julle in Walvis!

 

Voorlopige inskrywing:

Allan Martin/Berto Mostert S2000 VW Polo

Zander Wiese/Eugene Viviers( A7) S3 VW Polo

Handre Myburg/Geon Ellis

Rolf Pretorius/? Ford Sapphire Rotary

Jannie Coetzee/George Coetzee  Ford Focus

Willem Hugo/? Subaru ST

Stefanie Botha/Jaques Botha Subaru ST

Roland Himmel/ Siegi Pitsch

Marius van Zyl/?  Ford Courier

Jan Everson/Fanie Botes   Ford Icon

Andre Oosthuzen/Charl Fourie

Marko Louise/?  Subaru ST

Willy van Wyk/    1600 Beetle

Cecil Koorts/Melvin Gous Toyota Run X 1800

 

Walvisbaai vorm deel van die Namibiese industriële kern en dit is seker dan ook nie so vreemd om tussen al die vragskepe te ontdek dat daar ook op die gebied van motorsport uitgeblink word nie. Die 2013 Namibiese Tydren en Grond (of sal dit Sout wees) Ovaalbaan Kampioen, Allan Martin aan die voorpunt van die motorsport dryfveer en digby die indrukwekkende fasiliteite van J&P...

Wilro Dippenaar and Riaan van der Westhuizen started their 2014 Namibian National Rally Championship campaign with a flawless display of consistency during the extremely well supported opening round, the Walvis Bay Rally, on Saturday 29 March 2014. Never putting a wheel out of place the Team Total (SA S2000 Challenge) S3 Toyota Run X 4x4 performed perfectly enroute to a well deserved overall...

Armed with a single hammer, hundreds of green and red arrows neatly mounted on droppers, the Star Bodyworks Toyota Hilux and a few bottles of water we answered the call of Dune 7. Slightly toasted, with no water remaining, we eventually called it a day with just two stages arrowed! Whoever stated that deserts are filled with soft sand have obviously never before tried to hammer droppers into...

Walvisbaai Rally Delivers - PBV

Walvis Places and People

AttachmentSize
2013 J&P Hydraulics Rally Walvis Bay - Supplementary Regulations324 KB
2013 J&P Hydraulics Rally Walvis Bay - Spectator Guide32.5 KB
2013 J&P Hydraulics Walvis Bay Rally - Itinerary25 KB
2013 J&P Hydraulics Walvis Bay Rally - Final Results237.9 KB

style="display:block"
data-ad-client="ca-pub-5138584496574453"
data-ad-slot="6823598887"
data-ad-format="auto"
data-full-width-responsive="true">

style="display:block"
data-ad-client="ca-pub-5138584496574453"
data-ad-slot="6029391964"
data-ad-format="auto"
data-full-width-responsive="true">