Killarney lewer warm aksie

Ronde 12 van die 2015 Extreme Festival reeks het Saterdag 24 Oktober 2015 op die Killarney Internasionale Renbaan en pragtige somer weer het die toeskouers ontvang.

Teenwoordig was die Nasionale Produksie Motors, Engen VW Beker, Formula Ford Duratec, Red Square Kawasaki ZX10 Meesters, Thunderbikes en têr ondersteuning die Crossley & Web Sports & GT Cars asook die Bold Marine GTi Uitdaging.

Bold Marine GTi Uitdaging 2x8 Rondes
Ongetwyfeld een van die dag se hoogtepunte was die plaaslike GTi Uitdaging met veral klas C wat oudergewoonte baie aandag getrek het. Marcel “Kosie” Wyers plaas sy VW Golf MkI gemaklik eerste op die wegspringrooster en wen die eerste uitdun met Marco Busi tweede en Christopher Swart derde. Craig du Toit wen klas B en klas C word deur Ebrahim Levy gewen.

Die tweede uitdun is ‘n herhaling van die eerste met betrekking tot die top drie, maar dit is Jacques Geldenhuys wat klas B verower met Ebrahim Levy weer die wenner in klas C. Hoewel dit redelik eenvoudig lyk op papier was die stryd in elke klas egter iets om te waardeer op die renbaan, veral die klas C stryd.

Algeheel slaag Marcel Wyers daarin om die dag agter sy naam te skryf met Marco Busi tweede, Christopher Swart derde en Jano van der Westhuizen vierde. Jacques Geldenhuys eien klas B met Peet van der Walt tweede, Zaki hendricks derde en Craig du Toit vierde.

Klas C word met 0.202 sekonde gewen deur Ebrahim Levey na 16 rondes. Mario Roux en Paul Simon voltooi die dag op dieselfde sekonde as Ebrahim in tweede en derde posisie met Dewald Lubbe ‘n knipoog later in die vierde plek. Ongetwyfeld die mees mededingende kategorie in die WP hierdie jaar, indien nie in SA! 

Red Square Kawasaki ZX10 Masters Cup 2x10 Rondes
Veronderstel om redelik seior te wees in jare, maar beslis nog glad nie stadig of bang nie. Red Square en Kawasaki hou nou die rekord in SA as die langs durende verhouding tussen borg en vervaardiger in motorfiets renne en na aanleiding van Saterdag se twee uitdunne gaan hierdie verhouding nog nuwe standaarde stel.

Graeme van Breda klop Pieter de Vos en Kyle Robinson, maar dit was beslis nie gemaklike oorwinnings nie want die druk was voortdurend. Johan le Roux behaal die vierde posisie.

In klas A is die volgorde Graeme van Breda eerste met Kyle Robinson tweede en Jaco Gous derde terwyl Pieter de Vos klas B inpalm met Raymond Keel tweede en Sid Farinha derde. Klas C behoort aan Johan le Roux met Stuart Russel tweede en Mike McSkimming derde.

Engen VW Cup 3 x 8 Rondes
Sheldon van der Linde klop Tasmin Pepper met 0.128 sekondes in die eerste wedren met Daniël Rowe derde maar Tasmin Pepper wen die tweede uitdun met Chris Shorter tweede en Mathe Hodges derde. Die derde uitdun word onderbreek, maar weereens is dit Tasmin Pepper wat die manne wys hoe dinge gedoen moet word met Sheldon van der Linde tweede en Chris Shorter derde.

Algeheel is dit Tasmin Pepper wat welverdiende die eerste plek op die podium inneem met Sheldon van der Linde tweede en Chris Shorter derde. In die Meester klas is dit Mathew Hodges wat spog met eerste plek en hy word gevolg deur Trevor Bland en Juan Gerber.

Formula Ford Duratec 2 x 8 Rondes
Julian van der Watt sal presies verstaan hoe die WP en die Springbokke gevoel het Saterdagaand want hy het die geleentheid om op tuisfront deur sy vingers laat glip. Julian wen die eerste uitdun met ‘n skamle 0.124 gaping oor Robert Wolk in die tweede plek en Keagan Masters derde.

In die tweede uitdun raak Julian egter die baan byster en Robert Wolk laat hom nie twee keer uitnooi nie. Keagan Masters tweede en Dewald Brummer derde. Algheel is die volgorder Robert Wolk, Keagan Masters en Julian van der Watt derde.

Weereens bewys die Formule egter dat hul daartoe in staat is om wedrenne van hoogstaande gehalte aan te bied.

Thunderbikes 2 x 8 Rondes
David McFadden wen die eerste uitdun met Ronald Slamet tweede en Greg Gildenhuys derde en in die afwesigheid van Ronald Slamet is die volgorde in die tweede uitdun McFadden, Gildenhuys en Nicholas Grobler. Weereens aanskoulike wedrenne.

Algeheel is die volgorder McFadden, Gildenhuys en Grobler in die uitnodigingsklas.In klas X is dit die aanskoulike Anthony Shelley voor Daryn Upton en Adolf Boshoff. Jesse Boshoff klop Matthew hart en Sven Grune in klas A terwyl Chris du Plessis met Etienne Nelson en Nico van der Merwe afreken in klas B. Terry Brooke klop Evert Stoffberg en Russ Page in klas C terwyl Jacques Brits die enigste klas M deelnemer was.

Sandra Stammova trek baie aandag deur algeheel agtste verby die geruite vlag te jaar en sy eindig sesde in die uitnodigings klas.

National production Cars 3 x 8 Laps 
Hennie Groenewald en Gennaro Bonafede eindig eerste en tweede in die eerste van drie uitdunne met Michael Stephen derde. Charl Smalberger wen die tweede uitdun met Michael Stephen tweede en Hennie Groenewald derde. Die finale ren word gewen deur Hennie Groenewald met Graeme Nathan tweede en Michael Stephen derde.

Algeheel is die volgorde Hennie Groenewald eerste met Michael Stephen tweede en Simon Moss derde. Klas X word gewen deur Ebrahim Levy met Phillip Booysen tweede en Niyaas Modack derde.

As die top formule in die nasionale kampioenskap was die Produksie Motors teleurstellend met slegs ses motors teenwoordig.

Crossley & Webb Sports & GT Cars 2 x 8 Rondes
Hierdie reeks het baie aandag getrek en die teenwoordigheid van Charl Arangies in die Stradale Motorsport Lamborghini Gallardo en Craig Jarvis in die Dodge Viper was beslis iets om na uit te sien. Dawie Joubert en Johan Engelbrecht oudergewoonte die teenstand.

Met slegs 0.023 sekondes tussen die Lamborrghini en Lotus Exige op die wegspring rooster het die eerste paar rondes beslis nie teleurgestel nie. Dawie en die Lotus was blitsig op die agterste pylvak, maar die Lamborghini was in hantering net in ‘n ander klas.

Charl Arangies was egter sonder enige twyfel bewus van die Lotus want die Lamborghini is met tye op twee wiele gelig alvorens die Lotus ongelukkig moes terugval. Arangies uiteindelik voor Johan Engelbrecht en Francis Carruthers verby die geruite vlag.

Johan Engelbrecht probeer hard in die tweede uitdun, maar weereens is dit Charl Arangies wat eerste vrby die geruite vlag jaag met Craig Jarvis derde in die Viper. Algeheel is dit egter Charl Arangies wat baie oortuigend wen in die Lamborghini Gallardo met Johan Engelbrecht tweede in die Porsche en Gary Kieswette derde in sy Porsche.

Charl Arangies wen klas A met Johan Engelbrecht tweede en Craig Jarvis derde terwyl Gary Kieswetter klas B wen met Matt Kreeve en Keith Fourie onderskeidelik tweede en derde. Maartin Prins wen klas C met Louis de Jager tweede en Ryan Buda derde. Sean McCarthy wen klas D met Marcus Henkel tweede en Egmont Baumgartner derde. André van Vuuren die enigste klas E deelnemer om die renne te voltooi.