Mark en Dave steel kollig by Streekrenne

Weereens het pragtige koel, sonskyn, weer Killarney omskep in die perfekte motorsport arena met toestande uiters geskik om die baanrekord aan te durf en die teenwoordigheid van beide David McFadden en Ronald Slamet in die Mike Hopkins Superfiets reeks het groot belofte ingehou. Die laat inskrywing van Jaki Scheckter onder die Pablo Clark Racing vaandel het ook aandag getrek in die V8 Masters reeks, maar die klein inskrywing in hierdie klas het effe teleurgestel.

Met die eerste oefensessie reeds om 08h00 en sonop om 07h52 was daglig redelik beperk en kon geen vertragings geduld word tydens die 16 wedren program. In ‘n jaar waarin die Dakota vliegtuig en Volkswagen Kewer hul 80ste bestaansjaar vier het nog ‘n 80jarige besluit dat die tyd aangebreek het om sy valhelm as aktiewe renjaer finaal op te hang. Die eerste (1964) SA sedanmotor kampion en WP legende, Koos Swanepoel, sal later vanjaar sy luisterryke loopbaan afsluit in Oos London agter die stuur van ‘n Ford Anglia. Oom Koos was tydens die gebruiklike middagete “fan walk” in persoon teenwoordig gewees, en het hy lekker gesels.

Die horde Harley Davidson motorfietse het ook baie aandag getrek asook die pragtige AC Cobra motors. Steve Bekker het sy Chevrolet Corvette met rokende bande vertoon, maar dit was ‘n jongeling op sy miniatuur veldren motorfiets wat die grootste aanmoediging ontvang het. 

Formule Libre 2x6 Rondes
Weereens het die reeks ‘n gelyke speelveld voorgestel met hoofsaaklik FVee renmotors wat kragte moes meet met die pragtige FM inskrywing van Dee-Jay Booysen. Met hul renne beperk tot slegs ses rondes het betroubaarheid nie ‘n faktor geword nie, maar botsende datums met renstelle het beteken dat die inskrywing weereens redelik dun gesaai was.

Wade Godding is egter die bestuurder wat uiteindelik alghele oorwinning kon smaak in sy Lantis FVee nadat Dee-Jay Booysen aanvanklik na die maklike oorwinnaar gelyk het in sy pragtige Formule M RM08. William Vice uiteindelik derde in sy Valley Funerals Laser FVee en Sean le Riche vierde in sy Seleka Racing Lantis FVee. Damian White, Lantis FVee, vyfde en Elroy Vice, Baldwin Filters Lantis FVee, sesde.

Breakfast Run Bikes 2x8 Rondes
Tien inskrywings ook nie vreeslik oortuigend dat dit twee 8 ronde uitdunne verdien het nie, maar die verskeidenheid in motorfietse en ervaring het die sogenaamde Breakfast Run kategorie onvoorspelbaar gelaat.

Shawn Payne wen algeheel op sy Suzuki GSXR600 terwyl Fadil Kadir ook indruk maak op sy Jorgé Lorenzo replika Yamaha onderweg na tweede plek. Jacque Smith derde op sy Yamaha R1 met Dylan Wright vierde op sy Honda 600F4 en in die vyfde plek was dit die Lucky Strike replika Abdul-Kader Dalwai. Indrukwekkend genoeg was dit Lynne von Buddenbrock in die sesde plek op haar Honda CBR600.

Midas Clubmans Saloons 2x8 Rondes
Veertig sterk in getalle met tien daaravn in klas A gewoonlik die resep vir heelwat aksie aan die skerp kant van die veld en die teenwoordigheid van Kosie Weyers in die Belfreeze/ Liqui Moly E36 BMW van Philip Booysen in klas X het beslis ook baie aandag getrek.

Die eerste uitdun was behoorlik ‘n uitdun van die aanvanklike twee en dertig motors oorleef 26 die twee pogings om die eerste ren aan die gang te kry. Dit word uiteindelik afgelas en dit is Nieyaas Modack, klas X BMW E36 wat uiteindelik daarin slaag om verby Danie van Niekerk, klas A wenner, te kom om algeheel eerste verby die geruite vlag te jaag in sy BMW. Danie jaag uitmuntend maar moet uiteindelik met die tweede plek tevrede wees.

Kosie Weyers beindruk deur die Belfreeze BMW van Phillip Booysen derde oor die lyn te stuur met Mike Venlet, klas B wenner in sy MRD & Fastoil VW Golf, en Gavin Cerff, Spur VW Golf,  onderskeidelik vierde en vyfde in hul VW Golf motors. Ewald Weiland sesde in die 3.0 Alfetta GTV, klas C wenner.

Cedric Burger wen klas D, Italoven VW Golf Mk3,  en Franscois van Tonder klas E, Wingfield Motors VW Polo, terwyl Devin Camons klas F inpalm in sy MD Parts VW Golf.

Cars Unlimited Fine Cars & Mutlu Classic Cars 2x9 Rondes
Cars Unlimited Fine Cars krimp in getalle maar en soos gewoonlik spog die veld met heelwat Porsche motors. Porsche SA op almal se lippe danksy die bemoedigende ontwikkellings rondom die Kyalami renbaan en met VW se 80ste verjaardag is die 1970 VW Beetle van Dave Rowley heel gepas met 2.3 enjin in die stert.

Daar word op gepaste wyse met ‘n een minuut stilte van Bert Upton afskeid geneem en dit is jong Jaco Lambert wat die uiteindelik algeheel seëvier in sy 1983 Paint Chemistry VW Jetta met die Porsche 944 trio van Eric van der Merwe, Piet Matthee en Lourens Bester kort op sy hakke. Wayne Bennett vyfde in die netjiese Nissan Skyline GTX en in die sesde plek is dit Dewald Lambert in sy 1985 Access Auto VW Jetta.

Die Mutlu Batteries Classic Cars het weereens met n goeie inskrywing in klas A uitgelok waar Trevor Momberg en die Ford Capri 3.4 ernstige teenstand verwag het van onder andere die ratse Datsun 280Z 2.8 van Richard Quixley, die Köpke Guesthouse Mazda R100 van Dave Köpke en Robin Forbes in die Chevrolet Corvette Stingray V8.

Dit was egter Mark Uytenbogaardt wat baie aandag getrek het in die pragtige Liftech Services Ford Mustang V8 met die Mazda R100 wat soos ‘n lastige vlieg eenvoudig nie afgeskud kon word nie. Dave het al sy vernuf op die proef gestel, maar die V8 was net te kragtig.

Met die vorige byeenkoms het Ferdi van Niekerk Jnr die pragtige Alfa GTA stukkend gery en vir sy straf moes hy hierdie keer met ‘n Ford deelneem! Darem nie enige Ford nie, die een die ewebeeld van die legendariese Peter Gough “Miss Piggy” Ford Capri Perana V8. Ongelukkig het Miss Piggy nie die dag se verrigtinge enduit meegemaak nie en so ook het Trevor Momberg ook nie aan die verwagtinge voldoen nie.

Vance Kearney wen klas A in die Gunston Ford Capri Perana V8 met Malcolm Uytenbogaardt die klas B wenner in die Liftech Ford Fairlane 5.7 V8. Net om seker te maak sy seun kry nie al die aandag nie het hy die tyd afgestaan om sierlik voor die Draai 3 skare te tol. Arnold Lambert (daar is drie van hulle) wen klas C in sy Ford Escort terwyl Steve bekker klas D inpalm met sy Access Auto VW Passat en in klas X beindruk Claude Williams met die legendariese Opel Kadett.
 
Bold Marine GTi Challenge 2x8 Rondes
Nian du Toit bly die man op vorm in sy Cheaper Cars VW Jetta en met tien inskrywings in klas A kon hy beslis nie op sy louere rus nie. Jano van der Westhuizen en Kosie Weyers was op goeie vorm met die vorige byeenkoms en net toe dit begin lyk asof Kosie hierdie keer Nian se vrjardag vieringe gaan ontsier breek die Golf om Nian na ‘n gemaklike wenner te laat lyk.

Jano van der Westhuizen het self hard probeer en was tevrede om tweede plek in te neem in sy VW Polo Vivo met Bessie Bester derde in sy VW Jetta en Arthur Roberts vierde in sy Bold Marine VW Polo Classic. Craig du Toit vyfde en die top ses afgerond deur Paul Simon in sy hardwerkende VW Golf.

Klas word geeien deur Nian du Toit, klas B is die eiendom van Craig du Toit nadat Zaki Hendricks van die baan gehelp is, klas C gaan aan Paul Simon na ‘n verbete stryd met Dewald Lubbe.

Mike Hopkins Superbikes 2x8 Rondes
Die teenwoordigheid van beide David McFadden en Ronald Slamet het almal watertand gelaat in die aanloop tot nog ‘n skitterende vertoning. Klas A spog met elf inskrywings met Trevor Westman, Hayden Jonas, Brandon Haupt en Malcolm Rapson enkele van die aanspraakmakers.

Teen die verwagtinge val Ronald Slamet tydens die oggend voorbereiding in Kaapstad draai. Dit word egter in rekordtyd herstel, dit bly voordeel aan david McFadden wat gemaklik wen op sy Kawasaki ZX10R met Ronald Slamet se soortgelyke Novel Ford Kawa tweede en die Mad Mac’s weergawe van Trevor Westman derde. Malcolm Rapson vierde, Hayden Jonas vyfde en Brandon Haupt sesde algeheel.

David McFadden die klas A oorwinnaar met Alex van den Berg die klas B wenner op sy Wicked Tuning Kawasaki ZX6. Klas C gewen deur Greg Warner op sy Honda CBR600RR en in klas X maak Sandra Stammova seker dat almal kennis neem. Die 600cc podium is Hayden Jonas, Alex van den Berg en Keagan Smith.
 
Makita Supercars & V8 Masters 2x8 Rondes
Nooit die grootste inskrywings nie, maar in kwaliteit stel hul selde teleur met Nick Adcock die teiken waarvoor Dayn Angel, Brad Wadeley, Jarred Evans, Andrew Moffitt en Gareth Easom kon korrel in die goue kategorie.

Ryan Mccarthy en George Williams die enigste tans in die silwer kategorie maar die brons klas kon spog met ses inskrywings. Soos die Makita Supercars het die V8 Masters ook nie die getalle wat mens graag teeenwoordig wil sien nie maar die stryd aan die voorpunt tussen Marcel Angel, Richard Schreuder, Fabio Tafani, Jurgen zu Bentheim, Charles Arton en Franco Donadio beslis druk. Die teenwoordigheid van die talentvolle Jaki Scheckter onder die Pablo Clark Racing vaandel beslis ‘n welkome bonus..

Vir Amerika was dit natuurlik 4 Julie Vryheidsdag en gevolglik het die APV347is Ford Mustang motors voorrang geniet op die dag.

Dayne Angel wen algeheel in die Autohaus Angel inskrywing met Gareth Easom in ‘n bemoedigende tweede plek met die Uitily Tariff Services inskrywing en in die derde plek was dit Brad Wadeley in sy Charl Electrical Engineering motor. Vir Brad was derde plek bykans ‘n verligting nadat hy in Engen van die baan gehelp is en selfs Dayne Angel was met tye sigbaar as tydrenner.

Dayne Angel wen die Goue kategorie terwyl George Williams, Woodwork Specialists, die Silwer kategorie inpalm en in die Brons kategorie is dit Glen Phillips wat die botoon voer.

Die tweestryd tussen Marcel Angel en Richard Schreuder begin nou werklik intens raak en Fabio Tafani begin nou ook weer sy aanslag duidelik maak. Jaki Scheckter se teenwoordigheid het natuurlik net as verdere motivering gedien en hoewel die fokus op die voorste drie was het die motors weereens beindruk.

Marcel Angel eens dat hierdie oorwinning met moeite behaal is in sy Autohaus Angel inskrywing met Richard Schreuder nou werklik dreigend in die tweede plek met die TRS Construction motor. Fabio Tafani derde in die Novel Ford bekleding met Franco Donadio vierde, Charles Arton vyfde en Jurgen zu Bentheim sesde.

Ongelukkig het probleme met die kragstuur van die Pablo Clark inskrywing van Jaki Scheckter beteken dat hy nie aan die eerste uitdun kon deelneem nie, maar Jaki wys gou waarom hy so hoog aangeskryf word in die tweede uitdun.

Goud aan Marcel Angel en Silwer aan Tim Reddell. Mark Ridgway sorg vir heelwat opwinding deur op twee geleenthede by Engen van die baan te jaag. 

Mike Hopkins Powersport, Clubmans & Classic Motorcycles 2x8 Rondes
Danie “van Killarney” Maritz steeds die meester op sy 1987 klassieke Suzuki GSXR750 maar die jonger brigade begin gaandeweg die gaping toemaak. Ongelooflik soos dit mag klink is Danie nadese vinniger op dieselfde motorfiets waarmee hy in 1987 die WP kampioenskap gewen het.

Danie was egter nêrens te siene Saterdag en dit was Jonny Towers en Warren Guantario wat die pap dik aangemaak het. Iewers moes iemand bes gee en dit was Jonny Towers wat ongelukkig redelik hard met moeder aarde kennis gemaak het in draai drie. Warren Guantario, Team Calberg Hydraulics Kawasaki ER6, wen algeheel met JP Freidrich, Team Calberg Hydraulics Suzuki SV650, tweede en Kewyn Snyman, Monster Plumbing Kawasaki ER6, derde. Dit ook die volgorde in klas A van die Powersport kategorie.

Mike van Rensburg, MV Racing Kawasaki ER650, wen klas B met Jamey Hendricks, Bikers delight Honda CBR400, eerste in klas C terwyl Raiel le Roux, Suzuki GSXR750, die Clubmans klas wen en John Kosterman, Quality Engineering Supplies Suzuki GSXR750, die Klassieke kategorie.