Vee en Motorfietse steel kollig

Plaaslike toeskouers sien elke jaar uit na die nasionale kampioenskap wedrenne en oudergewoonte het die Hankook Formule Vee, Investchem Formule Ford, Superfiets en Supersport motorfietse, Falken VW Polo Cup het nie teleurgestel nie maar die GTC 1 & 2 reekse het gemengde gevoelens uitgelok.

Daarenteen was die Pirelli Sports & GT motors tesame met die vertoning van die Scribante Racing Nissan Skyline GT-R 35 uiters gewild. Die Killarney Internasionale renbaan soos gewoonlik puik voorberei met familie genot prioriteit en boonop het die weer puik saam gewerk om dit ‘n aangename ervaring te maak.

Hankook Formule Vee 2x10 rondes

Hierdie reeks het realiteit geword toe Enrico Nardi die eerste prototipe gebou het vir Hubert Brundage in 1959 en op 18 Januarie 1963 is die FVRA in Amerika gestig. Danksy Dave Charlton en Tony Jefferies volg die FVA (Formula Vee Association) in Suid Afrika op 15 Mei 1965 en in 1966 wen Dave Charlton (6x SA F1 Kampioen) die eerste (John Love 1200cc aangedrewe) Transvaal kampioenskap in sy Peco Vee.

VWSA stuur Dave Charlton na die 1966 Nurgburgring FVee om Suid Afrika te verteenwoordig maar hy maak vroeg in die ren ‘n ongeluk. Vir 1967 word beide 1200 en 1300cc enjins in twee klasse toegelaat end it is Tony Jefferies wat die titel verower in sy Capital Vee en ook hy kry geleentheid om SA te verteenwoordig in die Bahama Internasionale Vee byeenkoms waar nie minder as 96 motors veertien lande verteenwoordig het. Hy wen die FVee Wêreldkampioenskap Uitdaging met 13.2sek met Oostenryk se Dieter Quester (4x Europese Toermotor Kampioen) tweede, Oostenryk se Jochen Rindt (die 1970 F1 Wêreldkampioen - postuum) derde en Oostenryk se Dr Helmut Marko (vandag nog betrokke by Red Bull F1) vierde.

In 1968 word dit die Suid Afrikaanse Formule Vee kampioenskap en wen Meyer Botha die titel. Om die waarheid te sê dit is ongelooflik hoeveel groot name hul status in hierdie reeks begin ontwikkel het. Judy Charlton neé Witter word die eerste vrou om ‘n SA motorsport titel te verwerf in 1973. In 1990 word die 1300 water verkoelde Golf enjin in gebruik geneem en Heinrich Lategan (tweede generasie Vrystater kan nou in die Veldren reeks gevind word) wen die kampioenskap. In 2004 word dit die 1400cc nadat VW die produksie van die 1300cc enjin gestaak het en in 2005 beweeg die reeks na Dunlop Formule R renbande.

Die openingsronde van die 2019 Hankook Formule Vee SA Kampioenskap het oudergewoonte nie teleurgestel met ‘n indrukwekkende 24 motors wat kwalifiseer vir deelname. Slegs 0.195 sekondes skei Jaco Schriks (Cubed Coatings Rhema 2) en Gert van den Berg (Hankook Rhema 2) na tien baie aanskoulike rondes. Lushen Ramchander (TRA Forza) derde en Richard Carr (Rhema 2) vierde. Lendl Jensen (Red Bull Forza) vyfde verby die geruite vlag, maar eien die vinnigste rondetyd. Een van die reeks se legends, Peter Hills (Lube Fusion / DOE Engine Parts), in die sesde plek.

Weer is daar ‘n verbete stryd tussen uiteindelike wenner van die tweede uitdun, Jaco Schriks (Cubed Coatings Rhema 2), en Gert van den Berg (Hankook Rhema 2). Net 0.045 sekondes skei die eerste twee motors en slegs 0.026 sekondes skei derde en vierde plekke van mekaar. Richard Carr (Rhema 2) wat daarin slaag om Lushen Ramchander (TRA Forza) met die dikte van die verf op sy motor te klop. Jason Greyling (Hi-Tech Doors Forza) vyfde en Lendl Jensen (Red Bull Forza) sesde (weereens die vinnigste in die wedren).

Die uitslag eintlik nie ‘n ware toedrag van die kwaliteit van die twee uitdunne. Hier was nou werklik ‘n voorbeeld van waaroor motorsport behoort te gaan met motors feitlik in kontak met mekaar sonder dat enigeen ongeoorloofde taktiek toegepas het en geen posisie was ‘n uitgemaakte saak totdat die geruite vlag geval het.

Was dit blote toeval dat hul ook motors nommer 1,2 3n 3 bestuur het? Jaco Schriks (Cubed Coatings Rhema 2) eerste algeheel met Gert van den Berg (Hankook Rhema 2) tweede en Lushen Ramchander (TRA Forza) derde. Lendl Jansen (Red Bull Forza) vierde, Peter Hills (Lube Fusion / DOE Engine Parts Rhema 2) vyfde en Jason Greyling (Hi-Tech Doors Forza) sesde.

Nie net ‘n reeks met ‘n trotse geskiedenis, daar is beslis ook nog briljante jare in die toekoms!

Investchem Formula Ford 2x10 rondes

Vreugde en teleurstelling volg in die tweede enkelsitplek SA Kampioenskap teenwoordig op Killarney. Verlede week het die teenwoordigheid van die Jody Scheckter Wynns Lola T200 Formule Ford 1600 by die 10de Jaguar Simola Heuwelren herinneringe laat terugflits na die dae toe hierdie reeks plaaslike renjaers tot internasionale status laat beweeg het. Inteendeel, Jody Scheckter, sou later die enigste Suid Afrikaner word om die Formule 1 Wêreldkampioenskap te verower. Vir Ferrari, by Monza, 1979).

Die reeks het ook intussen vele tegnologiese aanpassings ervaar sedert die eerste wedren op 2 Julie 1967 te Brands Hatch. Hoewel die tradisonele Kent 1600 Formule Ford renmotors steeds benut word in die Noordelike Streek Kampioenskap spog die Investchem Suid Afrikaanse Kampioenskap nadese met Duratec enjins en spog hul nou reeds drie jaar met drukvlerke voor en agter.

Veertien van hierdie indrukwekkende motors het aangemeld vir die derde ronde van die 2019 kampioenskap en twee baie aanskoulike uitdunne het gevolg. Scott Temple (Road to Race / 1st Race Mygale SJ1600) wen die eerste uitdun, ‘n skamele 0.203 sekondes voor die plaaslike skolier, Andrew Rackstraw (Investchem / RDSA Mygale SJ1600). Veteraan, Nicholas van Weely (Magnificent Paints & Hardware Van Diemen RF06) derde met Tiago Rebelo (TRMS Mygale SJ1600) vierde, Siyabonga Mankonkwana (Investchem Mygale SJ1600) vyfde en Tristan de Nobrega (Investchem / RDSA Mygale SJ1600) sesde. Alex Gillespie (ERP Trucking Components Mygale SJ1600), eienaar van die klassieke Jody Scheckter FF Lola T200, sewende met Claudio Piazza-Musso (Investchem Mygale SJ1600) agtste.

Andrew Rackstraw (Investchem / RDSA Mygale SJ1600) wen die tweede uitdun met ‘n gaping van 1.417 sekondes oor Scott Temple (Road to Race / 1st race Mygale SJ1600) met Nicholas van Weely (Magnificent Paints & hardware Van Diemen RF06) weereens derde en Tiago Rabelo (TRMS Mygale SJ16000 vierde, Siyanbonga Mankonkwana (Investchem Mygale SJ1600) vyfde, Alex Gillespie (ERP Trucking Components Mygale SJ1600) sesde, Claudio Piazza-Musso (Investchem Mygale SJ1600) sewende en Tristan de Nobrega (Investchem / RDSA Mygale SJ1600) agtste.

Ongelukkig was daar ook teleurstelling vir die talentvolle Andrew Rackstraw (Investchem / RDSA Mygale SJ16000) toe hy 30 sekondes straftyd toegeken is omrede hy te vroeg weggespring het en tot negende posisie moes terugsak in die tweede uitdun resultaat. Vinnigste in beide wedrenne, maar dit was Scott Temple (Road to Race / 1st Race Mygale SJ1600) wat sy tweede agtereenvolgende dubbele oorwinning behaal het.

Nicholas van Weely (Magnificent Paints & Hardware Van Diemen RF06) skuif op na tweede posisie algeheel met Tiago Rebelo (TRMS Mygale SJ1600) derde en Siyabonga Mankonkwana (Investchem Mygale SJ1600) vierde. Die top ses se afgerond deur die ongelukkige Andrew Rackstraw (Investchem / RDSA Mygale SJ1600) in die vyfde plek en Alex Gillespie (ERP Trucking Components Mygale SJ1600) sesde.

Andrew Schofield, gelukkig om ongedeërd uit sy Investchem Mygale SJ1600 renmotor te klim nadat hy hard gebots het met die spermuur aan die buitekant van Draai 4 (Malmesbury).

Grand Touring Cars 1 & 2

Elke jaar word met groot afwagting uitgesien na die terugkeer van die GTC 1 en 2 motors, maar hoewel almal teenwoordig ongetwyfeld hul beste vertonings lewer ontbreek die reeks steeds aan trefkrag met betrekking tot vervaardiger betrokkenheid, visuele aantrekkingskrag en status van bestuurders.

Die motors teenwoordig is tot die bes moontlike standaarde voorberei, maar lyk soos Scalextric se beste op die baan, klink nie soos renmotors en enigeen kon hul bestuur het want vir die toeskouers ontbreek die karakters soos Tony Viana, Nicolo Bianco, Ben Morgenrood en Willie Hepburn. Die motors kon almal dieselfde kenteken dra want hul lyk dieselfde, klink dieselfde en is “te maklik” om te bestuur.

Maak die bandwyde nouer, gee elke vervaardiger ‘n kenmerkende uitlaat en laat die renjaers minder korporatief optree en dinge kan dalk verbeter. Niemand kan bekostig om hier vir ‘n oomblik dwars te ry nie, effe kontroversieel op te tree nie want dit is net nie deel van die reeks se beeld nie.

Tschops Sipuka was reeds Vrydag ‘n toeskouer toe die All Power Audi S3 met enjin probleme onttrek moes word. Robert Wolf beindruk deur die eerste wegspringplek op die rooster in te neem met sy Chemical Logistics / Wot Engineering BMW M2 Turbo maar dit is Daniel Rowe wat die eerste uitdun wen in sy VW Motorsport Jetta met Robert Wolk tweede en Simon Moss derde (All Power Audi S3). Michael van Rooyen vierde in sy Gazoo Toyota Corolla en plaaslike held, Johan Fourie, ‘n teleurstellende vyfde in sy EPS Courier Services BMW M2 Turbo. Die tweede VW Motorsport Jetta van Keagan Masters moes na vier rondes die aftog blaas.

Bradley Liebenberg het die GTC2 kategorie gewen in sy VW Motorsport VW Golf GTi met Adrian Wood (VW Motorsport / KYOCERA VW Golf GTi) tweede en Charl Smalberger (Universal Healthcare VW Golf GTi) derde. Lee Thompson, Mandla Mdkane en Paul Hill het die top ses afgerond.

Die tweede uitdun word gewen deur Simon Moss (All Power Audi S3) met Keagan Masters (VW Motorsport Jetta) tweede en Michael van Rooyen (Gazoo Toyota Corolla) derde. Johan Fourie (EPS Couriers BMW M2 Turbo) het vierde verby die geruite vlag gejaag met Robert Wolk (Chemical Logistics / Wot Engineering BMW M2 Turbo) vyfde.

Charl Smalberger (Universal healthcare VW Golf GTi) wen GTC2 met Mandla Mdakane (Altron Nexus / Transitliner Mini Cooper JCW) tweede en Paul Hill (VW Golf GTi) derde. Bradley Liebenberg, Adrian Wood en Lee Thompson voltooi slegs een ronde.

Algeheel wen Simon Moss die dag met die All Power Audi S3 met Michael van Rooyen tweede in sy Gazoo Toyota Corolla en Johan Fourie derde in die EPS Couriers BMW M2 Turbo. Robert Wolk vierde vir Chemical Logistics / Wot Engineering in sy BMW M2 Turbo.

Charl Smalberger wen die GTC2 kategorie in sy Universal Healthcare VW Golf GTi met Mandla Mdakane tweede in die Altron Nexus / Transitiliner Mini Cooper JCW.

Falken VW Polo Cup

Jurie Swart (Alpine Autohaus / GT Graphics Polo GTi) laat die Kapenaars jubel deur eerste uitdun te wen, 0.481 sekondes voor Jeffrey Kruger (Universal healthcare / Comp Care Polo GTi) en Dario Busi slaag daarin om derde te eindig (Upstream Voice Solutions / Cape Kustoms Polo GTi). Clinton Bezuidenhout (Glyco Engine Expertise Polo GTi) kort op sy hakke in die vierde plek met Keegan Campos (Campos Transport Polo GTi)  vyfde en Matt Shorter (Monroe Polo GTi) sesde.

Jurie Swart spring vanuit die kuipelaan weg vir die tweede uitdun en die wedren word onderbreek na vier rondes nadat motors in gevaarlike posisies tot stilstand kom as gevolg van ongelukke. Justin Oates op hierdie stadium voor Bradley Liebenberg maar die rolle verwissel in die tweede vyf ronde been. Chris Shorter (AE Engine Expertise Polo GTi) derde, Jeffrey Kruger (Universal Healthcare / Comp Car Polo GTi) vierde, Clinton Bezuidenhout (Glyco Engine Expertise Polo GTi) vyfde en Jonathan Mogotsi (VW Motorsport Polo GTi) sesde.

Algeheel is dit egter Jeffrey Kruger (Universal healthcare / Comp Care GTi) wat die eerste plek op die podium in neem met Clinton Bezuidenhout (Glyco Engine Expertise Polo GTi) tweede en Dario Busi (Upstream Voice Solutions / Cape Kustoms Polo GTi) derde. Jonathan Mogotsi (VW Motorsport Polo GTi) vierde, Keegan Campos (Campos Transport Polo GTi) vyfde en Darren Oates sesde.

Pirelli Sports & GT Cars

Craig Jarvis het beindruk met ‘n beste tyd van 1min08.473 om die eerste posisie op die rooster in te neem met sy Maui Motorhomes Ginetta G57, maar danksy Stuart White se onlangse prestasie was dit duidelik dat Craig die Ginetta nog versigtig benader het.

Franco Scribante het egter werklik aandag getrek met 1min08.771 in die 1973 baseerde Scribante Racing Chevron B26 2.9 V8. Hoewel dit nie meer vergelyk kan word met die oorspronklike Team Gunston Chevron B26 waarmee Ian Scheckter en John Watson in 193 die laaste Castrol 3 Uur gewen het nie, was dit nietemin die vinnigste tyd ooit in hierdie motor.

Iets wat ook aandag trek is die getalle en kwaliteit van motors wat gelok word na beide die G&H Transport en Pirelli Sport & GT kategorie. Is finansies werklik die grootste problem in SA motorsport?

Vars na sy sukses op die 10de Jaguar Simola Heuwelren in Knysna het die Team Gunston Chevron B19 welverdiend ‘n blaaskans geniet in die kuipe terwyl die B26 litte kon losmaak.

Om verstaanbare redes het Johan Engelbrecht (JogaJoga Porsche GT2R) en Dawie Joubert (Lotus Exige Honda Turbo) nog rustig vertoon in hul nuwe voertuie terwyl Marcel Angel en die Autohaus Angel Ferrari 458 GT3 eenvoudig nie meer in dieselfde liga kon meeding nie. Nietemin goed om hom teenwoordig te sien terwyl  Bloubergstrand deur David Perel verteenwoordig was op Brands Hatch met die Blancpain reeks in die 333 Rinaldi Ferrari 388 GT3.

Om twee uiters kontrasterende renmotors dop te hou was bevredigend en hoewel Franco Scribante uiteindelik beide uitdunne sou wen kon die uitslag so maklik in die guns van Craig Jarvis gewees het. Eerder as om onnodige risikos te loop het hul skoon en netjies mekaar die stryd aangesê terwyl hul steeds onder 1min10 sirkuleer het!

Marcel Angel het die Ferrari soos altyd hard gedruk om derde verby die geruite vlag te jaag met Johan Engelbrecht vierde en Dawie Joubert vyfde. Steve Humble sesde nadat hy die haastige Opel Mallock Mk14 as ploeg ingespan het. In die tweede uitdun was Humble vyfde en Colin Plit sesde.

Na twee uitdunne slaag Franco Scribante (Scribante Racing Chevron B26) daarin om Craig Jarvis (Maui Motorhomes Ginetta G57) met 0.604 sekondes te klop en Marcel Angel (Autohaus Angel Ferrari 358 GT3) derde. Johan Engelbrecht (JogaJoga Porsche GT2R) vierde, Steve Humble (Harp Motorsport Opel Mallock mk14) vyfde en Colin Plit sesde.

Superbikes 1000cc

Met die top ses motorfietse almal op die 1min11 merk het toeskouers met afwagting na die eerste uitdun uitgesien end it was jong Hayden Jonas wat beindruk het op sy WP Motors / Samurai SA / Yamaha R1 deur van meet af kragte te meet teen van SA se heel beste motorfiets renjaers.

Dit sou egter David McFadden (RPM Centre / Stunt SA Yamaha R1) wees wat uiteindelik slegs 0.272 sekondes voor Clinton Seller (King Price racing Yamaha R1) verby die geruite vlag sou jaag met Lance Isaacs (Supabets Gaming Group BMW S1000RR) derde. Nicholas Grobler (Meanwraps & Adrenalin Powersport Yamaha R1) vierde, Byron Bester (Hi-Tech Racing Yamaha R1) vyfde en Garrick Vlok (DCCS Coring Cutting & Sealing Yamaha R1) sesde.

Vir Hayden Jonas was daar teleurstelling toe die Yamaha met elektroniese probleme tot stilstand gekom het, maar gelukkig was daar ‘n tweede uitdun! Sekerlik ‘n hoogtepunt van die dag met Clint Seller, David McFadden, Hayden Jonas en Lance Isaacs wat in eenheid sirkuleer het vir tien rondes.

Clinton Seller (King Price Yamaha R1) hierdie keer die wenner met 0.085 sekondes en David McFadden (RPM Centre / Stunt SA Yamaha R1) tweede, Hayden Jonas (WP Motors / Samurai SA Yamaha R1) derde en Lance Isaacs (Supabets Gaming Group BMW S1000RR) vierde. Byron Bester (Hi-Tech Racing Yamaha R1) tevrede met vyfde en Aran van Niekerk (Appleberry Farms Kawasaki ZX10R) sesde.

Algeheel was dit David McFadden (RPM Centre / Stunt SA Yamaha R1) wat oowinning gesmaak het voor sy tuisskare met Clint Seller (King Price Yamaha R1) tweede en Lance Isaacs (Supabets Gaming Group BMW S1000RR) derde. Byron Bester (Hi-Tech Racing Yamaha R1) vierde, Aran van Niekerk (Appleberry Farms Kawasaki ZX10R) vyfde en Dylan Barnard (Barnard Racing Yamaha R1) sesde.

Supersport 600cc

Getalle was daar beslis nie en die nasionale kampioenskap ronde van die Supersport 600cc klas het gespog met net een besoekende jaer, maar steeds was die wedrenne goed.

Kewyn Snyman (Hillbilly Racing Yamaha YZF600) wen die eerste uitdun met Blaze Baker (King Price Racing Yamaha YZF600) tweede en Jared Schultz (ASAP World Yamaha YZF600) derde. Brandon Staffen (AJH Cooling / Keating & Jansen Yamaha YZF600) vierde met Ricardo Otto (Otto Racing Yamaha YZF600) vyfde en JP Friedrich (GR Tax / Johnny Fox Kawasaki ZX6R) sesde .

Verdigende SA kampioen, Blaze Baker (King price Yamaha YSF600), klop Kewyn Snyman (Hillbilly Racing Yamaha YZF600) met 0.124 sekondes in die tweede uitdun met Jared Schultz (ASAP World Yamaha YZF600) derde, Brandon Staffen (AJH Cooling / Keating & Jansen Yamaha YZF600) vierde, JP Friederich (GR Tax / Johnny Fox Kawasaki ZX6R) vyfde en Ricardo Otto (Otto Racing Yamaha YZF600) sesde.

Scribante Skyline

Franco Scribante het baie sportief aangebied om sy unieke Nissan Skyline GT-R35 te vertoon tydens die Killarney rendag en hoewel die motor steeds baie ontwikkeling benodig het hy sonder veel moeite 1min10.2 agter sy naam geskryf.