WBMK Gimkana - 2016 Prysuitdeling

Die einde van elke seisoen word altyd met ‘n tikkie nostalgie bereik. Dankbaar aan die een kant dat die seisoen suksesvol en veilig verloop het met goeie resultate vir party frustrasies vir ander. Bo alles was die betrokkenheid van ieder en elk die sleutel tot sukses van die 2016 Witzenberg Motorklub Gimkana Kampioenskap.

In die 17 jaar wat die Witzenberg Motorklub Gimkana reeks nou reeds bestaan het daar nog nooit ‘n meer onvoorspelbare uitslag bestaan nie en in die 119 byeenkomste tot op datum was daar sekerlik ook nog nooit soveel potensiële wenners algeheel betrokke. Soos met enige reeks sal daar altyd ruimte wees vir verbetering, maar verbetering is gewoonlik direk eweredig aan die ekonomiese klimaat. In gees en sportmanskap kan die lede van die reeks, of dit nou as toeskouer, werktuigkundige, beampte, navigator of bestuurder is elkeen ‘n klop op die skouer neem vir voorbeeldige standaarde wat ‘n kompliment vir enige organisasie of sport sou wees.

As voorsitter van die Witzenberg Motorklub, feitlik sedert die onstaan van die klub in 1983 gee aan Pierre van der Westhuizen bykans 34 jaar se direkte betrokkenheid in baie aspekte van motorsport, maar veral sneldeel tydrenne en die gimkana reeks. Min sal ooit besef wat alles agter die skerms voor en na elke byeenkoms gebeur as organiseerder of beampte en Pierre van der Westhuizen is onlangs tydens die Motorsport Suid Afrika (WP) toekennings vereer met ‘n Streek Waardering toekenning vir sy jarelange toewyding aan die sport.

In die meeste vorms van motorsport word daar in onderskeie klasse meegeding en uiteindelik word die algehele kampioen aangewys. Hoe sterker die onderskeie klasse, hoe groter die aansien verdien deur die uiteindelike algehele kampioen, maar elke klaskampioenskap IS ‘n kampioenskap in eie regen op Satredag 3 Desember 2016 was dit dan die voorsitter se voorreg om die uitslag van die onderskeie klaskampioenskappe asook die algehele Witzenberg Motorklub Gimkana kampioenskap op Moorreesburg bekend te maak.

Goeie maniere sal natuurlik aandring daarop dat die dames kategorie, klas I, eerste afgehandel word. Derde posisie geeien deur Tania Vermaak en Liezel Oosthuizen, met Aatera Firfirey en Liezel Oosthuizen in die tweede plek en eerste algeheel vir 2016 was dit Liezel Oosthuizen en Tania Vermaak in die heeltemaal standaard Toyota Yaris 1.3.

Klas H lok altyd baie kommentaar in die sin dat dit as enkel sitplek kategorie nie veel werklike enkel sitplek renmotors lok nie maar die uitdaging bly steeds om sonder ‘n navigator mee te ding en vanjaar was dit Danye Louw en Jan van der Vyver wat onderskeidelik derde en tweede geeindig het (op presies dieselfde puntestand) en
ietwat meer verrassend was die wenner van die kategorie die mees vasberade Skoonpa van die jaar, Dewald van der Merwe, in die alombekende Dynotech VW Golf MkII GTi 2.0 16v Turbo.

Klas G het die meeste groei getoon deur die jaar met verskeie interessante voertuie wat met een doel voor oë ontwikkel word. Walter van Dyk derde as bestuurder, Dewald van der Merwe tweede Rafique Firfirey eerste in die AHI Racing Mini Cooper S 1.6 Turbo. Onder die navigators was die volgorder Izak van Zyl Jnr, Pierre du Plessis en Hishaam Firfirey. 

Klas F is die speelplek van die onder 2050cc agterwiel aangedrewe motors en hoewel die nskrywings yl gesaai was in wat tradisioneel ‘n baie gewilde kategorie is was dit Kobus Wilson Jnr en swaer, Werner McDonald wat die dere plek ingeneem het met Johann Zulch en Cobus Viola tweede. Eerste plek in klas F die eiendom van Anton Smit en Tania Vermaak in die unieke Toyota aangedrewe Datsun LDV.

Klas E was eenvoudig die eiendom van Johann Zulch en Cobus Viola in die No 13 BMW 325iM. Tania Vermaak het vir Cobus ingestaan tydens ‘n byeenkoms om dan ook die tweede plek as navigator in te neem, maar niemand sien huidiglik kans om Oupa in de klas aan te durf nie.

Klas D is sekerlik die klas wat potensieël die meeste groei behoort te geniet dit sal hopenlik weer die geval wees in 2017. Jan van der Vyver derde as bestuurder, Danye Louw tweede en danksy bestendige, konstante deelname slaag Liezel Oosthuizen daarin om die klas voor die neuse van die witwarm Golf inskrywings weg te raap in haar standaard Toyota Yaris 1.3. Carmen Nortjé sluit haar debuut jaar as navigator af in die derde plek met Aatera Firfirey tweede en Jacques du Plessis as wenner.

Klas C is nog ‘n kategorie wat skielik leeg geloop het, maar namate die seisoen verloop het het meer en meer besef dat dit ‘n goeie klas is om in mee te ding.Hilton Africa derde as bestuurder met Aatera Firfirey tweede en Masood Dangor die wenner in die AHI Racing Mini Cooper 1.6. Die enigste een wat nie gehelp word om asem te haal nie! Broer en suster verwissel posisies as navigators met Brandon Freeman in die derde plek.

Klas B word deur die du Plessis broers domineer en die volgorder as bestuurder is JD van der Westhuizen derde, Jacques du Plessis tweede en Pierre du Plessis eerste in sy eie Du Plessis Auto Toyota Tazz 1.8 16v. As navigators was die volgorde Pierre du Plessis derde, Danye Louw tweede en Wynand du Plessis eerste. Die eerste klaskampioenskap sukses vir Pa en en seun Pierre en Wynand du Plessis.

Klas A het ‘n gesonde mengsel van ervaring en nuwe talent geniet en die uitslag was Francois Mostert derde as bestuurder met Morné Roux tweede en Fanie du Toit eerste in die FM Civils Mazda Rustler LDV 2.0 16v. As navigators was die uitslag Marius Ellis, Liezel Oosthuizen en Zak du Toit. Weereens was dit Pa en seun eerste met Fanie en Zak du Toit nou reeds ‘n gedugte kombinasie.

Die algehele Witzenberg Motorklub Gimkana puntestand kon egter nie ‘n groter stryd gelewer het as wat 2016 gelewer het nie. Rafique en Hishaam Firfirey wen die eerste ronde met Fanie en Zak du Toit tweede en stel die verwagte riglyn vir die seisoen, maar dit is Danye Louw en Jacques du Plessis wat verras deur die tweede byeenkoms algeheel te wen. Ronde drie en dit is die veterane Izak van Zyl Jnr en Dewald van der Merwe wat sukses proe aan die voorpunt.

Ronde vier en Rafique en Hishaam klop weerens hul skaduwee Fanie en Xak du Toit en in die volgende ronde verwissel die strydende Pa en seun kombinasies posisies. Weer wen Rafique en Hishaam en weer wen Fanie en Zak, die Mazda twee punte voor die Mini met die aanvang van die finale ronde. Met beide Rafique en Fanie se finale lopies afgehandel is die Mazda een punt agter die Mini in die finale uitslag en die kampioenskap effektief beklink, maar Die Stoormanne is salig onbewus van wat op die spel is en Jacques du Plessis en Danye Louw dop alles onderstebo deur die Tazz met ‘n hul beste lopie van die dag tussen die Mazda en Mini in te wurg.

Rafique Firfirey en Hishaam Firfirey die 2016 Witzenberg Motorklub Gimkana Kampioenne nadat hul presies gelyk op punte geeindig het met Fanie en Zak du Toit in die FM Civils klas A Mazda LDV 2.0 16v, maar as wenners van die eerste byeenkoms ook die algehele kampioenne in die AHI Racing klas G Mini Cooper S 1.6 Turbo. Die eerste sukses vir Pa en seun Rafique en Hishaam Firfirey en weereens beklemtoon dit die waarde wat die reeks plaas op familie deelname.

Pierre du Plessis uiteindelik derde as beide bestuurder en navigator met Jacques du Plessis se groot prestasie vir die jaar die aanskoulike rol van sy eie Du Plessis Auto klas A Toyota Tazz 2.0 20v tydens die UNIREF 28ste Club Mykonos Gymkhana Langebaan.

Altyd ‘n baie moeilike keuse om te maak want daar word soveel moeite gedoen om elkeen van die agt byeenkomste suksesvol te maak, maar steeds die gewildste byeenkoms van die reeks is die UNIREF Club Mykonos Langebaan Gymkhana. Groot dank word egter oorgedra aan Nico van Zyl (Vredendal), Danie Burger (Vredenburg), Johann Zulch (Wolseley), Danye en Marcile Louw (Moorreesburg) vir al die agter die skerms geskarrel om elke byeenkoms suksesvol te maak. As borge moet UNIREF (Donevan en Hilary Denyssen) uitgesonder word met ‘n magdom ander wat eervolle vermelding verdien.

Sonder beamptes sal die reeks beslis ook nie kan gebeur nie en daar is ‘n klein groepie staatmakers wat elke byeenkoms vlot laat verloop. In geen spesifieke volgorde moet Pierre van der Westhuizen (Roetedirekteur), Robert Marle (MSA Verteenwoordiger), Anette Vermaak (Sekretaresse), Dewald en Meghan Nortjé (Begin en Eindpunt Beheer), André Brinkman (Senior Roete Regter) en Hennie Hoffmeyer (Roete Regter). Spesiale dank aan Leon Engelbrecht wat elke byeenkoms vir ons open met gepaste skriflesing en gebed.

Twee mense wat wel vir hul toewyding erken is was Liezel Oosthuizen as die 2016 Victrix Ludorum en Danye Louw as die 2016 Victor Ludorum.

Natuurlik was daar meer individue betrokke en hoewel ‘n spesifieke naam dalk nie hier verskyn weet dat elkeen se bydrae opreg waardeer word.

Om nie te vergeet van Namib Meat Deli, Anton van Bosch, en die heerlike spitbraai wat hy voorgesit het tydens die WBMK Gimkana prysuitdeling. Ongelukkig was die tydrenners in die klub reeds besig om ernstig vakansie te hou so hierdie aspek van die jaar sal voreg in 2017 op gepaste wyse afgehandel word.

Intussen word elkeen ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2017 toegewens!